Uit die Kruis Kom Groei, Versorging en Nuwe Lewe.

Welkom by die Perth Afrikaanse Kerk in Wes-Australië!

Ons is 'n Suid-Afrikaanse geloofsgemeenskap wat jou graag wil ontmoet en beter wil leer ken. Saam versorg en ondersteun ons mekaar, terwyl ons leer om, soos ons Here, mekaar en ander onvoorwaardelik lief te hê. Hier bied ons jou die geleentheid om geestelik toegerus te word en om deel te wees van 'n liefdesgemeenskap.

Ons verwelkom almal hartlik; besoekers, nuwe vriende, en alle Suid-Afrikaners wat 'n geestelike gemeenskap soek.

Ons nooi jou uit om saam met ons te kom kuier en die warmte en verbondenheid van ons gemeente te ervaar. Op ons webblad kan jy relevante inligting vind oor PAK en oor ons ander bedieningspunte oor die platteland van Wes-Australië.

Word Deel van Ons Gemeente.

Van gereelde Bybelstudie byeenkomste na uitreik aksies in die breer gemeenskap, ons verwelkom almal om betrokke te raak in ons gemeente.

“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.”

— Johannes 15:5 AFR83

Ontvang ons weeklikse nuusbrief om op hoogte te bly van al ons aktiwiteite.