Ons Bybelstudie Groepe

Aanlyn Bybelstudie

Wanneer: Elke tweede Woensdag aand om 7:00 n.m.

Waar: Aanlyn via Google Meet

Kontak: Ds Gawie van der Merwe

'n Aanlyn Bybelstudie word gehou vir enige persoon op enige plek in die wereld. Dit duur ongeveer 45 minute en behandel ons 'n Bybelboek vers vir vers.

As jy belangstel om in te skakel, kontak vir Ds Gawie en hy sal vir jou al die nodige inligting en skakels stuur.

Jongmens Bybelstudie

Wanneer: Elke tweede Maandag Aand om 6:00 n.m.

Waar: Aanlyn via Google Meet

Kontak: Francine per epos: francine@adrinagroup.com

Sessies word in Afrikaans aangebied maar skriflesings word gelees in Afrikaans en Engels. Jongmense van 17 tot 30 jaar reg oor Wes Australië van Outreach WA se gemeentes skakel in. Die groep kom goed oor die weg en sal baie keer lank na die Bybelstudie klaar is nog lekker saam gesels. Almal is welkom om in te skakel!

Seniors Bybelstudie

Wanneer: Elke tweede Donderdag oggend om 10:00 v.m.

Waar: Word gehou aan huis by lidmate. Die adres van elke geleentheid word, aan die wat wil inskakel, vroegtydig bekend gemaak.

Kontak: Ds Peter Malan

In ons Seniors se Bybelstudie is daar ‘n besondere ervaring van omgee en liefde. Dit is nie net 'n studie van die Bybel nie, maar 'n geleentheid om mekaar beter te leer ken en by mekaar betrokke te wees.

Elke sessie is 'n avontuur van ontdekking en groei, waar ons nie net die skrifte ondersoek nie, maar ook mekaar se verhale en ervarings waardeer. Alle seniors is welkom en kan enige geleentheid soos dit hulle pas inskakel.