Eredienste

Ons gemeentelike samekoms vind elke Sondagoggend plaas en die boodskap word in Afrikaans aangebied. Almal is welkom om hierdie geleenthede by te woon en na afloop van die diens met koffie en verversings saam verder te verkeer.

Tyd:
Sondae om 9:30 v.m.

Plek:
Seventh Day Adventist Kerkgebou
7 Ainsbury Parade
Clarkson, WA, 6030

Al ons eredienste word opgeneem en op ons YouTube-kanaal gelaai. Jy kan ook vorige dienste daar vind en dit met ander deel.