Lidmaatskap

Jy’s opsoek na ‘n geestelike tuiste... hier is wat om nou te doen.

As jou geloof vir jou belangrik is, sal jy die Perth Afrikaanse Kerk ‘n tuiste vind saam met ‘n familie van medegelowiges. Jy sal ‘n ruimte ontdek waarin jy ‘n dinamiese geloofslewe kan ontwikkel – een wat eg is aan jouself.

Ons wil jou help om:

  • jou geloof op te bou en sterk te maak;

  • dit prakties uit te leef, en

  • die verskil te maak wat net jy kan maak.

Stap 1: Kom kuier by ons en kyk of dit vir jou kan werk.

Ons nooi jou uit om ons gemeente te kom ervaar en te ontdek of hierdie 'n plek is waar jy tuis kan voel. Kom deel in ons eredienste, gesels saam na die tyd, en leer die mense van ons gemeenskap ken.

Stap 2: Kyk of jy aanklank vind by ons fokus en kultuur.

Ons gemeente is 'n plek waar liefde, geloof, en omgee vir mekaar die kern vorm. Ons streef daarna om Christus in alles te verheerlik , God se liefde te deel en 'n positiewe impak op ons gemeenskap te maak. Kyk of hierdie waardes met jou resoneer en of ons gemeente jou geestelike behoeftes vervul.

Stap 3: Doen die admin ding en word amptelik lidmaat.

As jy besluit dat ons gemeente jou geestelike tuiste is, moedig ons jou aan om die amptelike lidmaatproses te voltooi. Dit sluit in om meer oor ons geloofsgemeenskap te leer, om in ons geloofsreis te deel, en deel van ons familie te word.

Jy kan lidmaatskap vorms vind op die inligtingstafel by die kerk.

Stap 4: Raak Tuis

Laastens, ons wens jou 'n hartlik verwelkoming toe in ons gemeente. Mag jy hier vriendskappe sluit, geestelike groei ervaar, en die vreugde van God se liefde ten volle beleef. Ons is opgewonde om saam met jou die pad van geloof te stap en jou te ondersteun in jou reis met die Here.

Ons nooi jou uit om by ons verskeie aksies en bedieninge betrokke te raak en so ook tuis te word in ons gemeente.