Ons Bedieninge

Skakel in, bou jou gemeenskap en stap ‘n pad saam met die Here.

Ons nooi almal uit om by ons betrokke te raak en so ‘n geestelike tuiste te vind tussen medegelwoiges.

As jy ‘n behoefte het om in te skakel by enige van ons bedieninge, skakel ons en ons sal graag jou in kontak sit met die sameroeper van die aksie.

Vrouebediening

Elke vrou in die gemeente is vir ons belangrik en is deel van die Vrouebediening – jou spesiale gawes en talente kan op 'n besonderse wyse tot eer van die Here aangewend word.

Die Vrouebedienning maak ‘n verskil op verskeie terreine. Behalwe die gereelde koppie tee Sondagoggende na die diens, is ons ook verantwoordelik vir die organisering van gemeente funksies, spesiale dae, soos moeders- en vadersdag as ook damesdae wat altyd ‘n hoogtepunt is.

Ons reik ook uit na vroue in die gemeente d.m.v. ons kaartjie bedienning. En is ook betrokke by verskeie projekte soos die skoenboks projek en die Bethanie Aged Care komberse projek.

Seniors Bediening

Alle senior lidmate is genooi en welkom om ons gemeenskap se Senior Kuier Geleenthede by te woon. Hierdie geleenthede bied 'n wonderlike kans om ander Afrikaans sprekende seniors in die omliggende gemeenskap beter te leer ken, saam te kuier en nuwe vriendskappe te vorm.  

Elke kuier sluit ook in 'n “bring en deel” ete, waar ons saam die lekker eetgoed wat almal bring saam geniet en met mekaar deel.  Of jy nou nuut is in die gemeente of al lankal betrokke is, jou teenwoordigheid sal die geleentheid sonder twyfel verryk.  

Dit is ‘n kwartaalikse geleentheid wat op ‘n Saterdag om 11:30 by ‘n gemeenskapsentrum in ons omgewing plaasvind.  Skakel gerus vir Ds Peter as jy so ‘n geleentheid wil bywoon of net meer inligting verlang.

PAK Kuier

Deur die loop van die jaar hou ons kuier gelenthede waar ons as ‘n gemeente op ‘n sosiale vlak mekaar beter leer ken en so ook verhoudinge versterk.

In die verlede het ons al braaie gehou, gemeente etes asook 4x4 gelenthede waar gemeentelede die Lancelin sandduine gaan uitry het.

Hou ons nuusbrief en Faceboek blad dop vir opkomende PAK Kuier gelenthede!