Waarin Ons Glo

Ons Glo in die Belydenis Grondslag van die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië

Ons glo in God Drie-enig.

Een Wese wat bestaan in Drie ewige en gelyke Persone (die Vader, die Seun en die Heilige Gees) wat almal in volle eenheid saamwerk ten opsigte van die skepping, ons verlossing en die voortbestaan van alles.

Ons glo aan ‘n heilige algemene Christelike kerk

En die gemeenskap van die heiliges.

Ons Gereformeerde grondslag:

  • Die Skrif alleen is die finale gesag in alle sake van geloof en praktyk, oorheersend bo enige menslike tradisies of kerklike besluite.

  • Verlossing word slegs ontvang deur geloof in Jesus Christus, sonder dat goeie werke of enige menslike prestasie bydra tot ons regverdiging voor God.

  • Verlossing is 'n daad van God se genade alleen, wat aan sondaars geskenk word sonder enige verdienste van hulle kant.

  • Jesus Christus is die enigste fondament en waarborg van ons verlossing, en slegs deur sy lewe, kruisdood, en opstanding is daar versoening vir ons sondes.

  • Ons hele lewe, van gedagtes tot dade, moet wees tot die eer van God alleen. Ons eer en loof Hom as ons Skepper, Verlosser, en Onderhouer van alle dinge.

Ons onderskryf die Belydenis Skrifte van die Gereformeerde Kerke nl die Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis, Dordtse Leerreels en Westminister Confession.