Kategees & Belydenis Klasse

Kategese Klasse

Soos vir Jesus is alle kinders in ons gemeente vir ons belangrik. Ons gebruik lesse wat kinders help om die Bybelverhale en die betekenis daarvan vir hul lewe hul eie te maak.  Saam met die ouers wil ons hulle begelei om God lief te kry, te glo in Christus en die teenwoordigheid van die Heilige Gees te beleef. 

Ons kategese begin na afloop van die erediens en die les is ongeveer ‘n half uur lank.

Alle kinders tussen die ouderdom van 4 - 15 is welkom!

Belydenis Klas & Volwasse Kategese

Jongmense en volwassenes (16 jaar en ouer) wat nog nie belydenis van geloof afgelê het nie en die behoefte het om dit wel te doen, is baie welkom om vir Ds Peter Malan te skakel.