Skoenboks Projek

Elke jaar raak ons betrokke by Samaritan Purse se Operation Christmas Child uitreik aksie. Die projek behels die verspreiding van die evangelie aan kinders saam met skoenboksies vol geskenke.

Doel en Visie van die Projek

Operation Christmas Child is ‘n wêreld wye projek wat vreugde bring aan miljoene kinders in afgeleë gebiede wat dalk nog nooit ‘n kersgeskenk ontvang het nie maar nog meer belangrik, dalk nog nooit gehoor het van die verlossing wat ons het deur Jesus nie.

Die skoenbokse wat ons pak en vul met allerande praktiese en oulike goedjies vir die kind om mee te speel, skool te gaan en hulself te versorg, word ‘n manier om ‘n gesprek te begin oor God se liefde en genade.

Die oorhandiging van die skoenbokse gaan altyd gepaart met ‘n Christlike boodskap en die helpers begin ‘n pad stap met die kinders om hulle te leer van God. Elke kind word uitgenooi om deel te word van die “Greatest Journey” kinderevangelisasie kursus wat hulle leer oor wat dit beteken om ‘n kind van die Here te wees.

Van die meer as 5 miljoen kinders wat in 2023 deelgeneem het aan die “Greatest Journey” kursus het amper 3 miljoen ‘n keuse gemaak om 'n volgeling van Jesus te word.

Dus die skoenboks projek bied ‘n gelentheid om God se liefde uit te dra na ‘n wêreld wat hom nie ken nie en so ook kindertjies te bring tot geloof in Hom.

Ds Gawie en Wilna van der Merwe langs die skoenbokse wat ons gepak het in 2022.

Hoe Raak ons Betrokke?

Ons ondersteun graag Operation Christmas Child deur skoenbokse te pak en te skenk aan die projek. Deur die loop van die derde kwartaal maak ons allerande items bymekaar wat ons die bokse mee kan vul. Gemeentelede kan ook skoenbokse neem en by die huis pak, as hulle sou wou. Dan, in Oktober, bring almal hulle bokse en ons pak dit saam na afloop van ‘n erediens!

Wat kan mens inpak?

Ons maak graag die skoenbokse vir Operation Christmas Child vol met so veel as moontlik goedjies wat die kinderjies kan gebruik, lief hê en spesiaal laat voel. Elke boks bevat iets om lief te hê, iets om mee te speel en goedjies vir skool en persoonlike versorging. .

Hierso is 'n klompie idees vir wat jy kan inpak in ‘n skoenboks:

  • Iets om te dra
    T-hemp, sokkies, onderbroekie, scrunchies, hoed, haarrekkies en knippies, klare en armband.

  • Iets vir skool
    Pen, potlood, uitveër, Inkleurpotlode, klein notaboekie (A6), potloodsakkie, skerpmaker.

  • Iets vir higiëne
    Waslap, seep, tandeborsel; kam. Asseblief nie tandepasta nie!

  • Iets om lief te hê
    Sagte speeding, poppies ens.

  • Iets om mee te speel
    Albasters, Karretjie, Tennisbal, Jo-Jo, springtou, Uno-kaarte

Vorige Jare

Hierso is ‘n klompie fotos waar ons skoenbokse gepak en geskenk het na Operation Christmas Child.